AngloGold Ashanti Beperk is 'n internasionale goudmynmaatskappy. Die firma is betrokke by die eksplorasie, die myn, raffinering en die bemarking van goud.

Wêreldwyd Die maatskappy het mynaktiwiteite in Argentinië, Brasilië, Colombia, Guinee, Mali, Ghana, die Demokratiese Republiek van die Kongo, Tanzanië, Australië en Suid-Afrika. In Suid-Afrika besit die maatskappy die Mponeng-myn in die Wes-Wits-gebied ten suidweste van Johannesburg en op die grens tussen Gauteng en Noordwes. Hierdie myn bewerk die Ventersdorp-rif op 'n diepte van 2800 tot 3400 meter onder die aardoppervlakte. Dit is die wêreld se diepste goudmyn.

Stigting AngloGold Ashanti is in April 2004 gestig met die samesmelting van AngloGold en Ashanti Goldfields Corporation. Op Barrick Gold en Newmont Mining na is dit die grootste goudgroep in die wêreld gemeet aan produksie. Dit het in 2008 7% van die wêreld se goud gelewer.

Eienaars Die aandele word verhandel op die beurse van New York, Londen, Ghana, Parys, Brussel, Australië en op die JSE. Beleggers met die grootste belange in die firma is Van Eck Associates (±11%), Black Rock, Inc. (±10%), die Openbare Beleggingskorporasie en The Vanguard Group, Inc. Die hoofkantoor is in Johannesburg. Wêreldwyd het die firma 'n 62 046 werknemers.

2020 Volgens en.wikipedia het Anglo Gold Ashanti al sy Suid-Afrikaanse mynbelange in 2020 aan Harmony Gold verkoop. Nogtans bly dit op die JSE genoteer.

Bibliografie sashares.co.za www.anglogoldashanti.com www.sharedata.co.za

Kategorie:Suid-Afrikaanse maatskappye Kategorie:JSE-genoteerde maatskappye