Margit Meyer-Rödenbeck, ook bekend as Dowwe Dolla, gebore in die Paarl, Wes-Kaap, is ʼn Suid-Afrikaanse aktrise, komediant, sosiale kommentator en teatervervaardiger, veral bekend vir haar verhoogkarakter, Dowwe Dolla. Nadat Margit aan Hoërskool Durbanville matrikuleer het, het sy in 1988 begin om Drama te studeer aan die Universiteit van Stellenbosch. In 1991 het sy haar honneursgraad behaal en in 1997 haar meestersgraad in teaterbestuur. Margit het die karakter, Dowwe Dolla, geskep wat in verskeie produksies te sien is. In 2011 was Margit en Chris van Niekerk albei regisseurs van die teaterproduksie, Bye Ma, Jaypee, en dit was ʼn onthulling aan die gehoor om vrede te maak met hul huidige omstandighede en om voort te gaan ten spyte van dit wat om ʼn mens gebeur.
In 2013 het sy die teaterproduksie, Boksballade, se regie behartig, asook Kytie – ʼn Koos Kombuis-storie en sy het ook gespeel in Jong Dames Dinamiet en Lag jou G*t Af. Behalwe vir haar verhoogwerk in onder ander kinderteater en kabaret, het sy ook as radio-omroeper gewerk by Radio Punt en is ʼn mede-eienaar van die teaterrestaurant, Die Boer, in Durbanville, Wes-Kaap, saam met haar man Jurg Human.
In 2016 het Margit se pantomime, Liewe Heksie: Flower Power, vir twee weke lank vertoon by die Brooklyn-teater in Pretoria en in totaal 55 vertonings landswyd gelewer het, en was ook vir vier kykNET-Fiëstas benoem.
In Februarie 2019, speel Margit en die aktrise Marion Holm, in die produksie, Die Voordele van Eierwit, is ʼn komiese drama en ‘n meer ernstige toneelstuk wat dieper gevoelens konfronteer en dat dit nodig is om in ʼn gejaagde leefstyl tot stilstand te kom en introspeksie te moet doen. Later in 2019 het Margit ook kragte saamgesmee met aktrises Lizz Meiring en Nicole Holm vir die teaterproduksie, 3 Susters, die teks is ʼn blik op verhoudingbou en om met deernis na mekaar te om te sien.
Film Van der Merwe, vertolk die rol van Johanna (2017)
Pretville, vertolk die rol van Jakomien (2012)
Televisie
Hagenheim: Streng Privaat, vertolk die rol van Ada (1996)
Boland Moorde, gasspeler
Teater #dowwedolla; vervaardiger en vertolk die hoofrol
Vlooi en die Sneeuman; vervaardiger en skrywer van die teks. Opgevoer in die Artscape Teater, Kaapstad.
Kids Skouspeel,
Liewe Heksie: Flower Power; vervaardiger, skrywer en het self gespeel in die produksie.
Vlooi in Egipte; vervaardiger en skrywer, opgevoer by die Artscape Teater, Kaapstad.
Dowwe Dolla Betaal Belasting, vervaardiger en vertolk die hoofrol
Die Voordele van Eierwit; vertolk een van die hoofrolle
Drie Susters; behartig die regie en speel ook self as een van die drie hoofrolle.
Skeitbang; regisseur
Bye Ma Jaypee; mede-regisseur saam met Chris van Niekerk (2011)
Loslippig; regisseur
Ek is Anoniem, ek sê; regisseur
FunnyKaap, regisseur
Boksballade; regisseur
Kytie – ʼn Koos Kombuis Storie; regisseur
Video-onderhoude https://www.youtube.com/watch?v=qT5FXoJUpAw https://www.youtube.com/watch?v=_3UxUAovr6A https://www.youtube.com/watch?v=EZbr-2Ql_MQ
Toekennings FNB Vita-toekenning: Beste Vertoning in ʼn Komedie, vir Dowwe Dolla (2001)
Bronnelys https://esat.sun.ac.za/index.php/Margit_Meyer-R%C3%B6denbeck https://www.vrouekeur.co.za/nuus-vermaak/margit-meyer-rodenbeck http://www.ltdedition.co.za/media/docs/Margit_Meyer-Rodenbeck_-_WEB_CV(1).pdf https://www.imdb.com/name/nm5466646/bio https://www.netwerk24.com/Sarie/Bekendes/Ons-Praat-Met/margit-meyer-rodenbeck-wys-haar-dogtertjie-20170914 http://www.motivationalspeakers-sa.co.za/margit-meyer-rodenbeck-speaker.html https://www.kknk.co.za/portfolio/voordelevaneierwit/
Kategorie:Geboortes in 1970 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Suid-Afrikaanse aktrises