Rook en oker is 'n digbundel van die Afrikaanse digter Ingrid Jonker wat in 1963 gepubliseer is. Dit is Jonker se tweede en laaste bundel wat tydens haar leeftyd verskyn en is sewe jaar ná haar debuut, Ontvlugting (1956), gepubliseer. Tegnieke wat reeds in Ontvlugting aanwesig is, word verder in Rook en oker ontwikkel. Jonker neem met Rook en oker 'n belangrike plek in Afrikaanse digkuns in en haar bydrae tot die Afrikaanse letterkunde berus veral op enkele gedigte uit hierdie bundel.
Geskiedenis Rook en oker word in 1963 gepubliseer. Ná 'n gunstige resensie van Jan Rabie in die Cape Times word 700 eksemplare van die bundel spoedig verkoop.
Toekennings Afrikaanse Pers-Boehandelprys
Resensies Jan Rabie, Cape Times Rob Antonissen, Standpunte
Bronne https://www.sahistory.org.za/people/ingrid-jonker
Verwysings
Eksterne skakels https://www.goodreads.com/book/show/9561055-rook-en-oker
Kategorie:Afrikaanse digbundels