'n Digbundel is 'n versameling gedigte wat uitgegee word in boekvorm.
Dit word 'n bundel genoem omdat die gedigte selfstandige werke is, wat los van mekaar gelees kan word — "bundel" beteken dus "versameling".
Hoewel die gedigte afsonderlike kunswerke is, probeer 'n samesteller dikwels om met behulp van 'n redakteur die gedigte tematies bymekaar te plaas in die bundel. 'n Groep soortgelyke gedigte word 'n afdeling genoem. 'n Afdeling beskik dikwels oor sy eie titel.
Voorbeeld Digter: Pierre Kemp
bundel: "Vyf families en een poeier blou" (1958) die bundel self beskik oor geen motto 1ste afdeling: "Famille jaune" alle gedigte het die kleur geel as tema die gedigte is alfabeties gerangskik volgens titel die afdeling het twee motto's 2e afdeling: "Famille noire" tema: swart ensovoorts
Sien ook Bloemlesing
Bronne Bronne by die studie van Afrikaanse digbundels, 1900-1978,
Verwysings
Kategorie:Publikasies