Die sneeubalsuikerbos (Protea cryophila) is 'n blomdraende struik wat aan die bekende Proteagenus behoort. Die spesie is endemies aan die Sederberg waar dit deel van die fynbosbioom is. Die struik is dig, bebos en word 3 m in deursnee en blom van Januarie tot April.

'n Brand vernietig die plant maar die sade oorleef. Die saad word in 'n doppie geberg, na 'n lang tydperk vrygelaat en deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van knaagdiere. Die plant groei op sandsteengrond op rotslyste op hoogtes van 1 750 - 1900 m.

In Engels staan dit as die Snow protea bekend.

Galery

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome Lys van proteaspesies

Bronnelys PlantZAfrica REDLIST Sanbi Protea Atlas Biodiversityexplorer Plants of the World Online

Eksterne skakels

Kategorie:Protea Kategorie:Struike Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika