Die biskopsuikerbos (Protea caespitosa) is 'n blomdraende struik wat aan die bekende Proteagenus behoort. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika. Die plant het 'n voorkomsgebied van 1613 km² en kom van die Slanghoek- en Du Toitskloofberge tot by die Kogelberg voor asook die westelike Riviersonderendberge.

Dit kom op die Kogelberg voor en die populasie is klein. Die struik word 1,0 m hoog. 'n Brand vernietig die plant maar die sade oorleef. Min is bekend insake die bestuiwingsproses. Die plant groei op hoogtes van 1 200 - 1 800 m.

In Engels staan dit as die Bishop sugarbush bekend.

Galery

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome Lys van proteaspesies

Bronnelys REDLIST Sanbi Biodiversityexplorer Protea Atlas Plants of the World Online

Eksterne skakels

Kategorie:Protea Kategorie:Struike Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika