Die wyeblaarsuikerbos (Protea angustata) is 'n blomdraende struik wat aan die bekende Proteagenus behoort. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika. Dit is deel van die fynbosbioom en kom vanaf die Kogelberg tot Groenlandberg en Kleinrivierberge tot Caledon Swartberg voor. Die struik is klein en word 35 cm hoog en blom van Julie tot Oktober.

'n Brand vernietig die plant maar die sade oorleef. Die saad word in 'n doppie geberg en een tot twee jaar na dit geblom vrygelaat en deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van rotte, muise en voëls. Die plant groei op hellings wat seewaarts kyk, plat sand en klei op hoogtes van 0 - 180 m.

In Engels staan dit as die Kleinmond sugarbush bekend.

Galery

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome Lys van proteaspesies

Bronnelys REDLIST Sanbi PlantzAfrica Protea Atlas Plants of the World Online

Eksterne skakels

Kategorie:Protea Kategorie:Struike Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika