Die gladdeblaarsuikerbos (Protea laevis) is 'n blomdraende struik wat aan die bekende Proteagenus behoort. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika. Dit kom vanaf die Sederberg tot die Hexrivierberge en Waboomsberg voor waar dit deel van die fynbosbioom is. Die plant is plat, word 80 cm in deursnee en blom van September tot Februarie met die hoogtepunt van September tot November.
'n Brand vernietig die plant maar die sade oorleef. Die saad word in 'n doppie geberg, een tot twee jaar na dit geblom het vrygelaat en deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van rotte, muise en voëls. Die plant groei in droë, rotsagtige lyste op hoogtes van 1 000–1 800 m.
In Engels staan dit as die Smooth-leaf sugarbush bekend.
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome Lys van proteaspesies
Bronnelys REDLIST Sanbi Biodiversityexplorer Protea Atlas Plants of the World Online
Kategorie:Protea Kategorie:Struike Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika