Die slanksuikerbos (Protea simplex) is 'n blomdraende struik wat aan die bekende Proteagenus behoort. Die spesie kom voor op die eskarp van die Drakensberg vanaf Mariepskop deur Mpumalanga en Eswatini tot by Vryheid in KwaZulu-Natal, asook Lesotho. Die plant is klein en platterig, word 16 cm in deursnee en blom van Desember tot Maart.

Die plant spruit weer uit nadat dit gebrand het. Die saad word in 'n doppie geberg, na 9–12 maande losgelaat en deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van voëls. Die plant groei in rotsagtige, oop grasvelde in suurgrond op hoogtes van 1 300 – 2 150 m.

In Engels staan dit as die Dwarf grassveld sugarbush bekend.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome Lys van proteaspesies

Bronnelys REDLIST Sanbi Protea Atlas Biodiversityexplorer Plants of the World Online

Kategorie:Protea Kategorie:Struike Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Lesotho Kategorie:Flora van Suid-Afrika