Die blinksuikerbos (Protea burchellii) is 'n blomdraende struik wat aan die bekende Proteagenus behoort en deel van die fynbosbioom is. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom voor van die Hottentots-Hollandberge tot die Olifantsrivierberge, Kaapstad tot Hopefield-vlakte, Witzenbergvlakte, Piketberg en boonste gedeelte van die Breederiviervallei. Die struik groei regop, word tot 3,0 m hoog en blom hoofsaaklik van Junie tot Augustus.

Brande vernietig die plant maar die sade oorleef. Die saad word in 'n doppie geberg en na dit ryp geword het deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van voëls. Die plant groei in 'n verskeidenheid habitatte maar verkies meer vrugbare grond.

In Engels staan dit as die Burchell's Sugarbush bekend.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome Lys van proteaspesies

Bronnelys PlantzAfrica Biodiversityexplorer Protea Atlas Redlist Sanbi Plants of the World Online

Kategorie:Protea Kategorie:Struike Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika