Jacob Winkler Prins (5 Februarie 1849, Tjalleberd - 25 November 1904, Keltiese See) was 'n Nederlandse digter, prosaskrywer en kunsskilder wat in sy vroeëre werke van die skuilnaam Kaspar Brandt gebruik gemaak het.

Lewe en werk Hy was die seun van Anthony Winkler Prins. Laasgenoemde was die samesteller van die Winkler Prins Encyclopedie, en het as predikant te Tjalleberd gedien. In 1850 het die gesin na Veendam verhuis, waar Jacob grootgeword het en die plaaslike skool bygewoon het. Na 'n paar jaar se studie in klassieke tale aan die Universiteit van Utrecht het hy in 1870, sonder dat hy 'n diploma kon verwerf, na Parys verhuis waar hy begin skilder het. Na 'n tydperk in Derbyshire in die Verenigde Koninkryk waar hy 'n onderwyser was; het hy ruim 25 jaar in Lieren by Beekbergen gewoon. In 1873 het hy in Hoenderloo met Maria Louisa Eleonora Mathilda Frackers, die huismoeder van 'n meisieskool, getrou. In Veluwe het hy hom besig gehou met ontbossing om blomme en plante te kweek; wat sy geliefde stokperdjie was.

Winkler Prins het realistiese natuurpoësie, geïnspireer deur Shelley, geskryf, en dit gekombineer met landskapskilderkuns. Hierdie outeur-skilder, waarvoor Willem Kloos geweldige waardering gehad het, kan beskou word as 'n onafhanklike voorloper van die Tagtigers. Hy het ook romans en novelles geskryf. Daarnaas het hy letterkundige artikels in 'n verskeidenheid tydskrifte geskryf, waaronder De Gids en De Nieuwe Gids.

'n Jaar na die dood van sy eggenote in 1901 het hy na Voorburg verhuis. Hy het in 1904 'n reis onderneem na die Verenigde State. Hy het op 13 November in New York Stad aangemeld vir die terugreis aan boord die stoomskip Saint Andrew, wat op 29 November aangedoen het in die hawe van Antwerpen - daar was egter geen teken van Winkler Prins nie. Winkler Prins het 'n seemansgraf gekry in die Keltiese See op 50° NB en 8° WL. Daar is nooit klaarheid verkry oor wat presies daar afgespeel het nie. Die gerug dat Winkler Prins na 'n geveg met 'n stokerskneg sou omkom is nooit bevestig nie, as gevolg van die feit dat die skeepsjoernaal van die Saint Andrew spoorloos verdwyn het.

Lys van werke Onder die skuilnaam Kaspar Brandt De ondermeester van Aewerd (roman), 2 dele), 1872 De armband uit Japan (roman), 1876 Onder sy eie naam Ouders en kinderen (verhale, 2 dele), 1877 Het koningskind (verhale, 2 dele), 1878 Sonnetten, 1885 Zonder sonnetten. Nieuwe gedichten, 1886 Liefde's erinnering. Nieuwe gedichten en zangen, 1887 Wat wij willen, 1891 Tonnegoud en zoon, 1899 't Is Beatrijs (gedichten), postuum uitgegee 1919 Verzamelde gedichten, van 'n inleiding voorsien deur Joannes Reddingius, Nederlandsche Bibliotheek der Maatschappij voor Goede en Goedkoope Lectuur, Amsterdam, z.j. , 2de druk 1929. Sien digitale weergawe.

Eksterne skakels Jacob Winkler Prins

Kategorie:Nederlandse digters Kategorie:Nederlandse skilders Kategorie:Geboortes in 1849 Kategorie:Sterftes in 1904