Die begrafnissuikerbos (Protea longifolia) is 'n blomdraende struik wat aan die bekende Proteagenus behoort. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en staan ook bekend as die langblaarsuikerbos. Dit kom vanaf Du Toitskloof tot by Riviersonderend en Bredasdorpberge en op die Elimvlakte voor en is deel van die fynbosbioom. Die plant groei regop of kan kruip, word 1,5 m hoog en blom van Mei tot September.

Die plant gaan dood nadat dit gebrand het maar die sade oorleef. Die saad word geberg in 'n doppie en deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van voëls. Die plant groei in sanderige en ystersteengrond op hoogtes van 0 - 1 000 m.

In Engels staan dit as die Long-leaf sugarbush bekend.

Galery

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome Lys van proteaspesies

Bronnelys PlantzAfrica Protea Atlas Biodiversityexplorer REDLIST Sanbi Plants of the World Online

Eksterne skakels

Kategorie:Protea Kategorie:Struike Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika