Die stinkblaarsuikerbos (Protea susannae) is 'n blomdraende struik wat aan die bekende Proteagenus behoort. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika. Dit kom vanaf Stanford tot Stilbaai voor en is deel van die strandveld- en fynbos-biome. Die spesie kan tot 3 m in hoog word en blom van April tot September.

Die plant gaan dood nadat dit gebrand het maar die sade oorleef. Die saad word in 'n doppie geberg en deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van voëls. Die plant groei in kalkagtige en neutrale grond op hoogtes van 0 - 200 m.

Die boom se FSA-nommer is 98.1.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/ In Engels staan dit as die stink-leaf sugarbush bekend.

Galery

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome Lys van proteaspesies

Verwysings

Bronnelys Biodiversityexplorer Protea Atlas PlantZAfrica REDLIST Sanbi Plants of the World Online

Eksterne skakels

Kategorie:Protea Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika