British American Tobacco plc (BAT) is een van die ses grootste sigaretprodusente in die wêreld. Dit beheer 11% van die mark.
duimnael|links|Hoofkantoor van British American Tobacco in Londen Onder die firma se 200 handelsmerke is die bekendste Peter Stuyvesant, Rembrandt van Rijn, Paul Revere, Benson and Hedges, Lucky Strike, Pall Mall, Dunhill, Rothmans, Lexington, Texan en Kent.
Die firma is in 1902 gestig met sy hoofkantoor in Londen. Dit beskik tans oor 44 fabrieke in 42 lande, 55 000 werknemers wêreldwyd, en tabak word verskaf deur nagenoeg 90 000 boere. Die Suid-Afrikaanse fabriek is in Heidelberg, Gauteng geleë.
BAT se aandele word verhandel op die aandelebeurse van Londen en Johannesburg. Op Anheuser-Busch InBev en Prosus na is dit die grootste maatskappy wat op die Johannesburgse effektebeurs genoteer is. Die grootste aandeelhouers in BAT is The Capital Group Companies, Inc. en Black Rock, Inc.
Ander groot tabakmaatskappye in die wêreld is Philip Morris International, Altria, Imperial Brands, Japan Tobacco International en China Tobacco.
Verwysings
Bronnelys www.batsa.co.za
Eksterne skakels
Kategorie:Suid-Afrikaanse maatskappye Kategorie:JSE-genoteerde maatskappye