Die grootblaarsuikerbos (Protea convexa) is 'n blomdraende struik wat aan die bekende Protea genus behoort. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika. Dit kom by die Witteberg, Elandsberg, Klein Swartberg en Tratraberg voor as deel van die fynbos-bioom; die plant is seldsaam. Die plant is plat en blom van Augustus tot November met die hoogtepunt in Oktober.
'n Brand vernietig die plant maar die sade oorleef. Die saad word geberg in 'n doppie en een tot twee jaar na dit geblom vrygelaat en deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van rotte, muise en voëls. Die plant groei in droë klowe aan die noordelik hellings op hoogtes van 1 100-1500 m.
In Engels staan dit as die Largeleaf Sugarbush bekend.
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome Lys van proteaspesies
Bronnelys REDLIST Sanbi Biodiversityexplorer Protea Atlas Plants of the World Online
Kategorie:Protea Kategorie:Struike Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika