Die smalblaarbossuikerbos (Protea lanceolata) is 'n blomdraende struik wat aan die bekende Protea genus behoort. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika. Dit staan ook as die smalblaarsuikerbos bekend en kom tussen Potberg en Riversdale-vlakte tot Mosselbaai, voor waar dit deel van die fynbos-bioom is. Die spesie word tot 4 m hoog en blom van April tot Oktober met die hoogtepunt van Mei tot Julie.

Die plant gaan dood nadat dit gebrand het maar die sade oorleef. Die saad word geberg in 'n doppie en deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van voëls. Die plant groei in kalkagtige witsand op hoogtes van 0 - 200 m. Die plant se voortbestaan word bedreig deur die rooikrans, 'n indringerplant.

Die boom se FSA-nommer is 90.1.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/ In Engels staan dit as die Lance-leaf sugarbush bekend.

Galery

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome Lys van proteaspesies

Verwysings

Bronnelys PlantZAfrica Protea Atlas Biodiversityexplorer REDLIST Sanbi Plants of the World Online

Eksterne skakels

Kategorie:Protea Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika