Die bredasdorpsuikerbos (Protea obtusifolia) is 'n blomdraende struik wat aan die bekende Protea genus behoort. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom vanaf Stanford tot Kaap Agulhas, Kaap Infanta en Stilbaai so ver as Kaap Vacca naby die Gouritsmond voor. Dit is deel van die strandveld- en fynbosbiome. Die plant groei regop, word 2 - 4 m hoog en blom van April tot September met die hoogtepunt van Junie tot Julie.
Die plant gaan dood nadat dit gebrand het maar die sade oorleef. Die saad word in 'n doppie geberg en deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van voëls. Die plant groei in kalksteen heuwels en vlaktes op hoogtes van 0 - 200 m. Dit is 'n tipiese kalksteenfynbosspesie wat kommersieel vir snyblomme geoes word.
Die boom se FSA-nommer is 94.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/ Dit staan ook as die suikerkansuikerbos bekend en in Engels as die Bredasdorp protea.
Galery
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome Lys van proteaspesies
Bronnelys PlantZAfrica Protea Atlas Biodiversityexplorer REDLIST Sanbi Plants of the World Online
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Protea Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika