Die breëblaarsuikerbos (Protea eximia) is 'n blomdraende struik wat aan die bekende Proteagenus behoort. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en is deel van die fynbosbioom. Dit kom voor in Keeromsberg naby Worcester, langs die Langeberg, Outeniekwa- en Tsitsikammaberge tot by Vanstadensberg naby Gqeberha. Dit word ook gevind op die Waboomsberg, Rooiberg, Swartberg, Kammanassieberge en Kougaberge, asook Strydomsberg. Die plant groei regop, word 5 m hoog en blom van Julie tot Desember met die hoogtepunt van Augustus tot Oktober.
Die plant gaan dood nadat dit gebrand het maar die sade oorleef. Die saad word in 'n doppie geberg en deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van voëls. Die plant groei in sandsteen en kwartsietgrond op hoogtes van 0 - 1 000 m.
Hierdie boom se FSA-nommer is 88.3.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/ In Engels staan dit as die Broad-leaf sugarbush bekend.
Galery
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome Lys van proteaspesies
Bronnelys PlantZAfrica Biodiversityexplorer REDLIST Sanbi Protea Atlas Plants of the World Online
Verwysings
Eksterne skakel
Kategorie:Protea Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika