Die Botriviersuikerbos (Protea compacta) – ook bekend as die Kleinmondprotea – is 'n blomdraende boom wat aan die bekende Proteagenus behoort. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom voor in Agulhas, van Kleinmond tot Bredasdorp. Die plant word 3.5 m hoog en blom van April tot September.

Die plant gaan dood nadat dit gebrand het maar die sade oorleef. Die saad word in 'n doppie geberg en deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van voëls. Die plant groei in sanderige grond op hoogtes van 0 - 200 m.

Deur stedelike groei, landbou en indringerplante het die plant die laaste 60 jaar (ongeveer 3 generasies) 'n geraamde 35% van sy voorkomsgebied en 23% van sy habitat verloor. Verder hibridiseer dit met kultivars wat vir snyblomme gekweek word.

In Engels staan dit as die Bot River sugarbush bekend. Die boom se FSA-nommer is 87.1.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/

Galery

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome Lys van proteaspesies

Verwysings

Bronnelys PlantzAfrica Biodiversityexplorer Protea Atlas REDLIST Sanbi Plants of the World Online

Eksterne skakel

Kategorie:Protea Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika