Die Hobokwartet in F-majeur, K. 370/368b, is 'n werk wat vroeg in 1781 deur Wolfgang Amadeus Mozart geskryf is. Die kwartet is geskryf vir hobo , viool, altviool en tjello. Mozart is in 1780 uitgenooi na München om prins-elektor Karl Theodor te besoek, wat die opera Idomeneo vir 'n karnavalviering aangevra het. Terwyl hy in München was, het Mozart opnuut kennis gemaak met Friedrich Ramm, te wete 'n virtuoos hoboïs in die Münchense-orkes.
Mozart het die kwartet vir Ramm gekomponeer sodat Ramm sy virtuositeit, en die verbeterings wat destyds aan die hobo aangebring is, ten toon kon stel. Een manier waarop hierdie stuk onder andere die instrument se kwaliteite vertoon het, was die gebruik van die Hoë F bokant die notebalk, welke noot selde gespeel is in enige repertorium wat voorheen vir die hobo geskryf is.
Alhoewel die stuk 'n kamermusiekwerk is, bevat dit elemente van ander musikale genres, en is dit 'n veeleisende stuk werk wat 'n redelike mate virtuositeit vereis. Vanweë die groot hoeveelheid virtuose spel aan die kant van die hobo, en die mate waarin die strykinstrumente in groot dele van die werk bloot die hoboïs vergesel, is dit byna soortgelyk aan 'n concerto, maar met slegs vier spelers in die plek van 'n hele orkes. Ten spyte hiervan vereis die werk ook heelwat ensemblespel, byvoorbeeld soos in die bekende 13-maat passasie in die finale beweging waarin die hobo in gewone tyd teen 'n 6/8 begeleiding gespeel word.
Struktuur 350 px|alt=|duimnael|Die hooftema in die eerste beweging, soos gespeel deur die hobo in die begin van die stuk. Daar is drie bewegings: I. Allegro II. Adagio III. Rondo: Allegro
'n Uitvoering duur ongeveer 15 minute.
Media
Bronne
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Wolfgang Amadeus Mozart