Die kranssuikerbos (Protea rupicola) is 'n blomdraende struik wat aan die bekende Proteagenus behoort. Dit het 'n vertakte stam en word tot 2 m hoog. In Engels staan dit as die Krantz sugarbush bekend. Die boom se FSA-nommer is 88.2.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/

Habitat Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en Oos-Kaap, skaars en kom uiters gelokaliseerd naby bergtoppe voor. Dit verkies sandsteen, kruinriwwe en rotshange, op hoogtes van 1 300 tot 2 000 m bo seespieël.

Verspreiding Die plant kom van die Groot-Winterhoekberge tot die Hottentots Hollandberge, Langeberg en Swartberg tot by die Groot-Winterhoekberge in die Oos-Kaap voor en is dus deel van die fynbosbioom.

Galery

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome Lys van proteaspesies

Verwysings

Bronnelys REDLIST Sanbi Protea Atlas Biodiversityexplorer Plants of the World Online

Kategorie:Protea Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Suid-Afrika