Die kleinsuikerbos (Protea parvula) is 'n blomdraende struik wat aan die bekende Proteagenus behoort. In Engels staan dit as die Dainty sugarbush bekend.
Kenmerke 'n Laaggroeiende, rankerige struik, hergroei na veldbrande vanuit 'n wortelstok, met baie min vertakte, rankende stamme, tot 1 m hoog. Die stammetjies is haarloos en 2–4 mm in deursnee. Die blare groei vertikaal uit die horisontale stamme. Die skutblare is haarloos.
Verspreiding Protea parvula kom op die Drakensberg-eskarp vanaf Mariepskop deur Mpumalanga en Eswatini tot by Vryheid in KwaZulu-Natal voor, op hoogtes van 1300–2150 meter.
Galery
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome Lys van proteaspesies
Bronnelys Protea Atlas REDLIST Sanbi Biodiversityexplorer Plants of the World Online
Eksterne skakels
Kategorie:Protea Kategorie:Struike Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Eswatini