Die grootsuikerbos (Protea gaguedi) is 'n struik wat hoort tot die bekende Proteagenus en is inheems aan Suidelike Afrika. Die spesie in inheems in Angola, Botswana, Demokratiese Republiek die Kongo, Eswatini, Ethiopië, Kenia, KwaZulu-Natal, Limpopo, Malawi, Mosambiek, Mpumalanga, Namibië, Rwanda, Soedan, Tanzanië, Uganda, Zambië en Zimbabwe. Die plant groei regop, is kwasterig en word 3 m hoog. Dit blom van Augustus tot Februarie met die hoogtepunt in Desember tot Februarie.
Die plant word in 'n brand vernietig maar die sade oorleef. Die saad word in 'n doppie geberg en deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van voëls en kewers. Die plant groei meestal op droë, rotsagtige hellings op hoogtes van 600 - 2 500 m.
In Engels staan dit as die African Sugarbush bekend. Die boom se FSA-nommer is 89.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/
Galery
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome Lys van proteaspesies
Verwysings
Bronnelys REDLIST Sanbi Biodiversityexplorer Protea Atlas Plants of the World Online
Eksterne skakels
Kategorie:Protea Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Angola Kategorie:Flora van Botswana Kategorie:Flora van die Demokratiese Republiek die Kongo Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Ethiopië Kategorie:Flora van Kenia Kategorie:Flora van Malawi Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Rwanda Kategorie:Flora van Soedan Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Tanzanië Kategorie:Flora van Uganda Kategorie:Flora van Zambië Kategorie:Flora van Zimbabwe