Die kaiingsuikerbos (Protea glabra) is 'n blomdraende boom wat aan die bekende Proteagenus hoort en endemies aan Suid-Afrika is. Die spesie kom voor in die Wes-Kaap, die Bokkeveld-eskarp tot by die Olifantsrivier en Koue Bokkeveld en is deel van die fynbosbioom. Die plant word tot 5 m hoog en het 'n koniese vorm. Dit blom van Julie tot November met die hoogtepunt in November.

Die plant spruit weer uit na dit gebrand het maar groei normaalweg in areas met 'n lae brandrisiko. Die saad word in 'n doppie geberg en deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van voëls en kewers. Die plant groei in vlak sandsteengrond of krake in rots op hoogtes van 500 - 1 500 m.

Die boom se FSA-nommer is 89.1.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/ In Engels staan dit as die Clanwilliam sugarbush bekend.

Galery

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome Lys van proteaspesies

Verwysings

Bronnelys REDLIST Sanbi Protea Atlas Biodiversityexplorer Plants of the World Online

Kategorie:Protea Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika