220px RossotroednitsjestwoРоссотрудничество

Federale agentskap

Ligging en hoofkantoor 220px

Wozdwizjenka-herehuis in Moskou

Stigting

6 September 2008

Direkteur

Eleonora Mitrofanowa

Verteenwoordiger in Suid-Afrika

Pawel Alexejewitsj Nowozjilof Russiese Ambassade, Pretoria

Webtuiste rs.gov.ru Rossotroednitsjestwo (Russies: Россотрудничество; in die agentskap se eie transkripsie: Rossotrudnichestvo) is 'n federale agentskap wat deur die Russiese Federasie se Departement van Buitelandse Sake bestuur word en omsien na aangeleenthede van die Gemenebes van Onafhanklike State (GOS) en GOS-burgers wat in die buiteland bly. Daarnaas bevorder die agentskap internasionale kulturele samewerking en verskaf omvattende inligting oor Rusland vir belangstellendes in die buiteland wat graag 'n objektiewe beeld van die land wil verkry. Met sy aktiwiteite fokus die agentskap op die sogenaamde «nabygeleë buiteland», dit wil sê voormalige Sowjetrepublieke wat intussen as onafhanklike state bestaan, en lande soos Duitsland met 'n lang geskiedenis van politieke, kulturele en ekonomiese betrekkinge met Rusland.

Volgens sy webtuiste word Rossotroednitsjestwo tans in 80 lande wêreldwyd deur altesaam 95 kantore verteenwoordig - waarvan 72 Russiese sentra vir wetenskap en kultuur in 62 lande en 23 verteenwoordigers van die agentskap wat in kantore in die Russiese ambassades in 21 lande (insluitende Suid-Afrika) werksaam is. In 2012 het die agentskap sowat 600 personeellede in diens gehad (van wie 415 plaaslik aangestel is) - aansienlik minder as soortgelyke instellings soos die Verenigde Koninkryk se British Council met 7 000 medewerkers.<ref>Mathilde Chatin and Giulio M. Gallarotti (reds.): Emerging Powers in International Politics. The BRICS and Soft Power. Abingdon, Oxon and New York, NY: Routledge 2018, hoofstuk 5. Oorspronklik gepubliseer as: The limits of Russia's 'soft power'''. Peter Rutland and Andrei Kazantsev. Journal of Political Power, volume 9, issues 1-3 (March-October 2016) pp. 395-413</ref>

Historiese voorlopers Openbare diplomasie van Russiese regeringskant is reeds voor die stigting van Rossotroednitsjestwo deur voorloperorganisasies soos die Al-Unie-Geselskap vir Kulturele Betrekkinge met die Buiteland, die Unie van Sowjetgeselskappe vir Vriendskap en Kulturele Betrekkinge met die Buiteland en die Russiese Sentrum vir Internasionale Wetenskaplike en Kulturele Samewerking by die Departement van Buitelandse Sake van die Russiese Federasie (Rossaroebesj-tsentr) behartig - met meer as tagtig jaar se ervaring.Anna A. Velikaya • Greg Simons (reds.): Russia's Public Diplomacy. Evolution and Practice Cham: Palgrave Macmillan / Springer Nature Switzerland 2019, bl. 224

Akademiese opleiding in Rusland Die Russiese Federasie is een van min lande op aarde wat aan buitelandse studente die geleentheid bied om hul akademiese opleiding aan plaaslike universiteite te volg - met dieselfde regte soos Russiese studente, insluitende gratis toegang tot akademiese instellings. Die Russiese regering het 'n kwota van jaarliks 15 000 buitelandse studente vasgestel. Die keurproses word deur Rossotroednitsjeststwo behartig.

Verwysings

Sien ook Russisches Haus der Wissenschaft und Kultur'', Berlyn

Eksterne skakels

Kategorie:Kultuur in Rusland