Die Drakensbergsuikerbos (Protea dracomontana) is 'n blomdraende struik wat aan die bekende Proteagenus behoort. Die spesie kom in die Oos-Kaap, Lesotho, KwaZulu-Natal en die eskarp van die Vrystaat asook Zimbabwe voor. Die struik word tot 1.5 m hoog en blom hoofsaaklik van Januarie tot Maart.
Die plant spruit weer uit na 'n brand. Die saad word vrygelaat nege tot twaalf maande nadat die blomme gevorm is en word deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van voëls. Die plant groei op alpynse grasvelde op hoogtes van 1 600 m tot 2 600 m.
In Engels staan dit as die Drakensberg sugarbush bekend.
Galery
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome Lys van proteaspesies
Bronnelys Biodiversityexplorer Protea Atlas REDLIST Sanbi Plants of the World Online
Kategorie:Protea Kategorie:Struike Kategorie:Flora van Lesotho Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Zimbabwe