Die boswitkopsuikerbos (Protea mundii) is 'n blomdraende struik wat aan die bekende Proteagenus van die Proteaceae-familie behoort. In Engels staan dit as die Forest sugarbush bekend.
Die spesie is endemies aan die Oos-Kaap en die Wes-Kaap, is deel van die fynbosbioom en en groei aan woudrande op hoogtes van 200 tot 1 300 m . Dit word tot 8 m hoog. Die plant dra wit tot ivoorkleurige blomme, wat bye, skoenlappers en voëls aanlok.
Die spesifieke naam is ter ere van Johannes Ludwig Leopold Mund, 'n Duitse natuurgeskiedenisversamelaar wat tot 1831 aan die Kaap en later dieper binneland toe aktief was.
Protea mundii word ook as 'n tuinplant verbou. Hierdie boom se FSA-nommer is 93https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/ en het voorheen as die speldekopsuikerbos bekend gestaan.
Galery
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome Lys van proteaspesies
Verwysings
Bronnelys Protea Atlas Biodiversityexplorer REDLIST Sanbi Plants of the World Online
Eksterne skakels
Kategorie:Protea Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika