Die R311 is 'n streeksroete in Suid-Afrika. Dit is 55 km lank en verbind Malmesbury en Hopefield met Riebeek-Kasteel in die Wes-Kaap. Die roete begin waar dit aftak van die R45, 13 km suid vanaf Hopefield in 'n oostelike rigting. Daarna maak die roete 'n verspringende kruising met die N7-nasionale pad by Moorreesburg en gaan dan deur Riebeek-Wes en Riebeek-Kasteel. Die roete eindig waar dit aansluit met die R46 net suid van Riebeek-Kasteel.

Sien ook Lys van streeksroetes in Suid-Afrika Genommerde roetes in Suid-Afrika

Bron Dept Transport

Kategorie:Streeksroetes in die Wes-Kaap