Die R317 is 'n streeksroete in Suid-Afrika wat Bredasdorp met Robertson verbind via Bonnievale. Die roete begin by die R60-provinsiale pad in Robertson, gaan oos, verby Bonnievale en dan later suid. Dit kruis dan die N2-nasionale pad in 'n verspringende kruising in Stormsvlei. Dit smelt saam met die R316 net buite Bredasdorp en sluit aan by die R319 in Bredasdorp.
Sien ook Lys van streeksroetes in Suid-Afrika Genommerde roetes in Suid-Afrika
Bron Dept Transport
Kategorie:Streeksroetes in die Wes-Kaap