duimnael|'n Namejs-ring wat van silwer gemaak is duimnael|Die Namejs-ring op die agterkant van die 1 Lats-muntstuk, geslaan in 2009 deur die Staatliche Münze Berlin in Duitsland, wat tot Letland se toetrede tot die Eurosone op 1 Januarie 2014 in omloop was Latvijas Bank | Bank van Letland: Namejs ring. Besoek op 21 Januarie 2020 Die Namejs-ring (Lets: Nameja gredzens) is 'n tradisionele Letlandse ring wat as simbool van onafhanklikheid, vriendskap en vertroue beskou word en die eenheid van die drie historiese streke van Letland - Kurzeme (Koerland), Latgale (Letgallen) en Vidzeme versinnebeeld. Die ring word wêreldwyd deur mense gedra wat uit Letland afkomstig is of aan die land verbonde voel.Letlandse Kultuurvereniging Namejs in München, Duitsland: Letten in München. Besoek op 21 Januarie 2020

Die Namejs-ring in literatuur en filmkuns In 1931 het die Letlandse skrywer, vertaler en offisier Aleksandrs Grīns (1895–1941) sy roman Nameja gredzens gepubliseer wat bygedra het tot nuwe belangstelling in die ring en sy simbolisme. Nameja gredzens is ook die naam van 'n historiese rolprent van die Letlandse regisseur Aigars Grauba wat in 13de eeuse Semgallen afspeel (alhoewel die handeling nie op die roman baseer nie). Die hoofrol in die rolprent, wat as Brits-Letlandse koproduksie ontstaan en ter geleentheid van Letland se Eeufees in 2018 vrygestel is (internasionaal onder die Engelse titel The Pagan King), is deur die jong Sweedse akteur Edvin Endre (Letse spelwyse: Edvīns Endre) vertolk. forumcinemas-lv: Nameja gredzens. Besoek op 21 Januarie 2020

Verwysings

Kategorie:Kultuur in Letland