200px|duimnael|Zoltán Kocsis in 1972 200px Zoltán Kocsis (Hongaarse uitspraak: zoltaːn ˈkot͡ʃiʃ; 30 Mei 1952 - 6 November 2016) was 'n Hongaarse virtuoospianis, dirigent en komponis.Zoltán Kocsis - Notable Alumni Liszt Academy
Biografie Studies Kocsis is gebore in Boedapest. Hy het op vyfjarige leeftyd met musieklesse begin en in 1963 daarmee voortgegaan aan die Béla Bartók Konservatorium waar hy klavier en komposisie studeer het.Hungaroton LP SLPX11711 Voëlnotas. In 1968 is hy toegelaat tot die Franz Liszt Musiekakademie. Hy was 'n leerling van Pál Kadosa, Ferenc Rados en György Kurtág, en het in 1973 aldaar gegradueer.
Loopbaan Kocsis het in 1970 die Hongaarse-radio Beethoven-kompetisie gewen en die volgende jaar sy eerste konserttoer in die Verenigde State meegemaak.GroveOnline, Zoltán Kocsis, Péter P. Várnai, besoek 28 Julie 2016,https://doi.org/10.1093/gmo/9781561592630.article.15241 Hy het die Liszt-prys in 1973 ontvang, en die Kossuth-prys in 1978.
Kocsis is beskou as 'n briljante pianis,88 notes pour piano solo, Jean-Pierre Thiollet, Neva Ed., 2015, bl. 52. en het saam met die Berliner Philharmoniker, Chicago Simfonieorkes, San Francisco Simfonieorkes, New York Filharmoniese Orkes, Staatskapelle Dresden, die Philharmonia van Londen en die Weense Filharmoniese Orkes opgetree. Kocsis het die volledige solo-klavierwerke en klavier-en-orkes werke van Béla Bartók opgeneem. Zoltán Kocsis plays Bartók, Philips 8 CD set 475 6720. In 1990 het sy opname van Debussy se ImagesNou uitgereik as Philips CD 475 210-2.die Gramophone Klassieke Musiek-toekenning vir die Beste Instrumentale Opname vir daardie jaar gewen. Hy het in 2013 'n soortgelyke prys gewen saam met die violis Barnabás Kelemen in die kamermusiek kategorie vir die opname van Bartók se Vioolsonates Nos 1 & 2.
Die Amerikaanse kritikus Harold C. Schonberg het Kocsis se buitengewone tegniek en fyn klaviertoon geprys.Harold C. Schonberg, The Great Pianists from Mozart to the Present, Tweede Uitgawe, Simon & Schuster, 1987 Volgens Grove Music Online het hy "'n indrukwekkende tegniek gehad, maar is sy sterk ritmiese spel nietemin diepgevoel en nooit meganies nie. Kocsis het 'n natuurlike aanvoeling vir Bach gehad. Hy was egter ook 'n liefhebber van kontemporêre musiek, en het die eerste uitvoerings van die werke van Kurtág gegee."
Dirigent Kocsis het in 1983 saam met Iván Fischer die Boedapest Fees-orkes gestig en daarmee 'n nuwe epog in die geskiedenis van Hongaarse orkestrale spel begin. Kocsis het vanaf die stigting daarvan 'n bepalende rol gespeel in die rigting en die ontwikkeling van die orkes se programbeleid, en het vanaf 1987 ook as dirigent daarvan opgetree. Hy het in 1997 die musikale direkteur van die Hongaarse Nasionale Filharmoniese Orkes geword en die amp tot sy dood in 2016 behou.
Afsterwe Kocsis is op 6 November 2016 op 64-jarige ouderdom in sy geboortestad Boedapest aan kanker oorlede.
Geselekteerde diskografie Mozart - Klavierconcertos no. 11, KV 413; no. 17, KV 453 & no. 19, KV 459, Philips, Boedapest Fees-orkes, Zoltán Kocsis, klavier en dirigent Bartók - Zoltán Kocsis speel Bartók, Philips Debussy - Images, Philips Bartók - Vioolsonates Nos 1 & 2, Barnabás Kelemen (viool), Zoltán Kocsis (klavier)
Geselekteerde werke
Opera Kopogtatások (1984–85) A vacsora (1984–85) Kiállítás (1984–85)
Orkes- en kamermusiek Premiere, vir strykorkes (1976) Fészek (1975–76) The last but one encounter, vir klavier en klavesimbel (1981) 33. December, vir kamerensemble (1983) Memento, vir strykorkes (Csernobil) (1986) Utolsó találkozás (1990)
Verwysings
Eksterne skakels
Zoltán Kocsis biografie Lyste en resensies van Kocsis opnames TV en Video Produksies met Zoltán Kocsis - geregisseer deur János Darvas Zoltán Kocsis biodata
Kategorie:Geboortes in 1952 Kategorie:Sterftes in 2016 Kategorie:Hongaarse pianiste Kategorie:Hongaarse dirigente