Die 26ste Cannes-rolprentfees is van 10-25 Mei 1973 in Cannes, Frankryk, gehou. Die Palme d'Or is toegeken aan The Hireling deur Alan Bridges en Scarecrow deur Jerry Schatzberg.

Die fees is geopen met Godspell deur David Greene en afgesluit met Lady Sings the Blues deur Sidney J. Furie. Die Sweedse aktrise Ingrid Bergman was die president van die jurie.

In dié jaar het Swastika, ’n dokumentêr deur Philippe Mora oor Adolf Hitler se daaglikse en sosiale lewe, negatiewe reaksie ontlok en het The Holy Mountain deur Alejandro Jodorowsky omstredenheid veroorsaak weens die uitbeelding van uiterse geweld.

Pryse duimnael|140px|Ingrid Bergman, president van die jurie. duimnael|140px|Jerry Schatzberg, ’n wenner van die Palme d'Or, en Faye Dunaway. Van die mense en prente wat in 1973 pryse ontvang het, is:

Palme d'Or: The Hireling deur Alan Bridges en Scarecrow deur Jerry Schatzberg Spesiale jurieprys: The Mother and the Whore (La maman et la putain) deur Jean Eustache Jurieprys: The Hour-Glass Sanatorium (Sanatorium Pod Klepsydrą deur Wojciech Has en The Invitation (L'Invitation deur Claude Goretta Beste eerste werk: Jeremy deur Arthur Barron Beste akteur: Giancarlo Giannini vir Love and Anarchy (Film d'amore e d'anarchia, ovvero: stamattina alle 10, in via dei Fiori, nella nota casa di tolleranza... Beste aktrise: Joanne Woodward vir The Effect of Gamma Rays on Man-in-the-Moon Marigolds

Kortprente Palme d'Or: Balablok deur Břetislav Pojar Spesiale jurieprys: Az 1812-es év deur Sándor Reisenbüchler

Verwysings

Eksterne skakels Fees se amptelike webtuiste 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Cannes-rolprentfees