Die 31ste Cannes-rolprentfees is van 16-30 Mei 1978 in Cannes, Frankryk, gehou. Die Palme d'Or is toegeken aan The Tree of Wooden Clogs (L'albero degli zoccoli) deur Ermanno Olmi.

Die fees is geopen met A Hunting Accident (Moy laskovyy i nezhnyy zver) deur Emil Loteanu en afgesluit met Fedora deur Billy Wilder. Die Amerikaanse regisseur en rolprentvervaardiger Alan J. Pakula was die president van die jurie.

In 1978 het ’n nuwe, niemededingende afdeling, "Un Certain Regard", die lig gesien in die plek van "Les Yeux fertiles" (1975-1977), "L'Air du temps" en "Le Passé composé".

Pryse duimnael|140px|Alan J. Pakula, president van die jurie. duimnael|140px|Ermanno Olmi, wenner van die Palme d'Or. Van die mense en prente wat in 1978 pryse ontvang het, is:

Palme d'Or: The Tree of Wooden Clogs (L'albero degli zoccoli) deur Ermanno Olmi Grand Prix: Bye Bye Monkey (Ciao maschio) deur Marco Ferreri en The Shout deur Jerzy Skolimowski Beste regisseur: Nagisa Oshima vir Empire of Passion (Ai no Bōrei) Caméra d'Or: Alambrista! deur Robert M. Young Beste akteur: Jon Voight vir Coming Home Beste aktrise: Jill Clayburgh vir An Unmarried Woman en Isabelle Huppert vir Violette Nozière

Kortprente Palme d'Or: La Traversée de l'Atlantique à la rame deur Jean-François Laguionie Jurieprys: A Doonesbury Special deur John Hubley, Faith Hubley en Garry Trudeau, en Oh My Darling deur Børge Ring

Verwysings

Eksterne skakels Fees se amptelike webtuiste 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Cannes-rolprentfees