Ace Magashule is 'n Suid-Afrikaanse politikus en voormalige sekretaris-generaal van die African National Congress (ANC). Hy is op 5 Mei 2021 (effektief 3 Mei) tydelik deur die ANC uit die party geskors. Magashule is op borgtog uit en word vir korrupsie, bedrog en geldwassery aangekla wat verband hou met ‘n Vrystaatse asbesdaktender. Hy het die African Congress for Transformation (ACT) in Augustus 2023 gestig saam met die afgedankte voormalige Valke-baas Berning Ntlemeza.

Hy was ‘n uitgesproke bondgenoot van oudpresident Jacob Zuma, Magashule word van verskeie korrupte aktiwiteite beskuldig. Hy is in November 2020 gearresteer en verhoorafwagtend op aanklagte wat verband hou met korrupsie ingevolge 'n staatskontrak wat toegeken is terwyl hy Vrystaat se Premier was.

Magashule het geappelleer teen sy skorsing uit die ANC. Hy reageer ook teen die ANC deur op sy beurt die partypresident, Cyril Ramaphosa, op 6 Mei 2021 te skors.https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/bisarre-wending-ace-hef-sy-skorsing-op-en-skors-cyril/ Volgens amptenare in die ANC was hy egter nie by magte om dit te doen nie, aangesien hy ten tyde van sy aksie self geskors was. Hy is in Junie 2023 finaal uit die ANC geskors nadat die party se Nasionale Dissiplinêre Komitee bevind het dat hy die party in oneer gebring het.

Verwysings

Kategorie:Politici van die African National Congress Kategorie:Lewende mense Kategorie:Geboortes in 1959