Konstantyn X Doukas (Grieks: Κωνσταντῖνος Ι΄ Δούκας, Kōnstantinos X Doukas, 1006 - 22 Mei 1067) was van 24 November 1059 tot 22 Mei 1067 keiser van die Bisantynse Ryk. Hy was die stigter en eerste heerser van die Doukas-dinastie.

Konstantyn was die seun van Andronikos Doukas, ’n Griekse edelman wat dalk goewerneur van die provinsie Moesia was. Hy het gehou van eindelose debatte oor filosofie en teologie en het invloed verkry ná sy troue met sy tweede vrou, Eudokia, ’n niggie van patriarg Michael Keroularios.Kazhdan 1991, p. 504 In 1057 het Konstantyn die opstand teen Isak I Komnenos gesteun en geleidelik die kant gekies van die hofburokrate wat ontevrede was oor Isak se hervormings. Desondanks het die siek Isak vir Konstantyn in November 1059 as sy opvolger gekies.Norwich 1993, p. 337

Bewind Isak het geabdikeer en Konstantyn is op 24 November 1059 as keiser gekroon.Finlay 1854, p. 15

Die nuwe keiser het dadelik twee van sy jong seuns, Michael en Konstantios, in magsposisies en sy broer, Johannes, as kaisar aangestel. Sy beleid was ten gunste van die hofburokrate en die kerk. Weens te min geldelike steun en opleiding het die Bisantynse verdediging verswak. Konstantyn het baie van die noodsaaklike hervormings van Isak I omgekeer; hy het die militêre burokrasie oorlaai met goed betaalde hofamptenare en talle van sy ondersteuners in die senaat aangestel.Finlay 1854, p. 17

Sy besluit om leërsoldate met huursoldate te vervangNorwich 1993, p. 339 en nie die grensforte te herstel nie het daartoe gelei dat hy ongewild geraak het onder die ondersteuners van Isak onder die militêre aristrokrasie, wat in 1061 probeer het om hom te vermoor. Hy het ook onder die algemene publiek ongewild geraak toe hy belasting verhoog het om die leër te probeer betaal.

Konstantyn was reeds oud en siek toe hy aan die bewind gekom het en hy is op 22 Mei 1067 oorlede. Sy finale opdrag was dat net sy seuns hom opvolg en hy het sy vrou gedwing om ’n eed af te lê om nooit weer te trou nie.Norwich 1993, p. 343

Verwysings

Bronne

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Bisantynse keisers Kategorie:Geboortes in 1006 Kategorie:Sterftes in 1067