Michael VI Bringas (Grieks: Μιχαήλ ΣΤ΄ Βρίγγας, Mikhaēl VI Bringas), ook genoem Stratiotikos ("Die Militêr") of Gerontas ("Die Oue"), was van 1056 tot 1057 die keiser van Bisantium.
Loopbaan Michael was skynbaar ’n familielid van die magtige hofamptenaar Joseph Bringas, wat invloedryk was tydens die bewind van Romanos II.Norwich, pg. 327 Hy was ’n bejaarde lid van die burokrasie wat as minister van militêre finansies gedien het (vandaar die bynaam Stratiotikos).Kazhdan, p. 1366 Keiserin Theodora het Michael Bringas kort voor haar dood op 31 Augustus 1056 as haar opvolger gekies.Norwich, p. 326
Hoewel Michael ’n sameswering deur Theodosios, ’n nefie van die vorige keiser Konstantyn IX Monomachos,Norwich, p. 327 oorleef het, was hy nie gewild onder die militêre aristokrasie nie. Hulle het hulle by generaal Isak Komnenos geskaar, en dié is op 8 Junie 1057 tot keiser verklaar.
Toe Isak teen Michael opruk, het laasgenoemde aangebied om Isak aan te neem en hom die titel "kaisar" te gee,Norwich, p. 332 maar die aanbod is in die openbaar van die hand gewys. ’n Opstand het in Konstantinopel uitgebreek ten gunste van Isak, en Michael is oorreed om op 31 Augustus 1057 te abdikeer.Norwich, p. 332 Hy het daarna ’n monnik geword en is in 1059 oorlede.
Verwysings
Bronne
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Bisantynse keisers Kategorie:Sterftes in 1059