Die 30ste Cannes-rolprentfees is van 13-27 Mei 1977 in Cannes, Frankryk, gehou. Die Palme d'Or is toegeken aan Padre Padrone deur Paolo en Vittorio Taviani.
Die fees is geopen met The Bishop's Bedroom deur Dino Risi en afgesluit met Slap Shot deur George Roy Hill. Die Italiaanse regisseur en rolprentvervaardiger Roberto Rossellini was die president van die jurie.
In 1977 is ’n nuwe, niemededingende afdeling, "Le Passé composé", ingestel wat net vir dié fees gegeld het. Saam met "Les Yeux fertiles" en "L'Air du temps" van die vorige twee jaar het dit in 1978 die afdeling "Un Certain Regard" gevorm.
Pryse duimnael|140px|Roberto Rossellini, president van die jurie. duimnael|140px|Ridley Scott (die beste eerste werk). Van die mense en prente wat in 1977 pryse ontvang het, is:
Palme d'Or: Padre Padrone deur Paolo en Vittorio Taviani Beste eerste werk: The Duellists deur Ridley Scott (eenparig) Beste akteur: Fernando Rey vir Elisa, vida mía Beste aktrise: Shelley Duvall vir 3 Women en Monique Mercure vir J.A. Martin photographe
Kortprente Palme d'Or: Küzdök deur Marcell Jankovics Jurieprys: Di Cavalcanti deur Glauber Rocha
Verwysings
Eksterne skakels Fees se amptelike webtuiste 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Cannes-rolprentfees