Die 28ste Cannes-rolprentfees is van 9-23 Mei 1975 in Cannes, Frankryk, gehou. Die Palme d'Or is toegeken aan Chronicle of the Years of Fire (Chronique des Années de Braise) deur Mohammed Lakhdar-Hamina.
Die fees is geopen met A Happy Divorce (Un Divorce heureux) deur Henning Carlsen en afgesluit met Tommy deur Ken Russell. Die Franse aktrise, sangeres en regisseur Jeanne Moreau was die president van die jurie.
In 1975 is ’n nuwe, niemededingende afdeling, "Les Yeux fertiles", ingestel. Saam met die afdelings "L'Air du temps" en "Le Passé composé" van die volgende twee jaar het dit in 1978 "Un Certain Regard" gevorm.
Pryse duimnael|140px|Jeanne Moreau, president van die jurie. duimnael|140px|Costa Gravas, beste regisseur. Van die mense en prente wat in 1975 pryse ontvang het, is:
Palme d'Or: Chronicle of the Years of Fire (Chronique des Années de Braise) deur Mohammed Lakhdar-Hamina Grand Prix: The Enigma of Kaspar Hauser (Jeder für sich und Gott gegen alle) deur Werner Herzog Beste regisseur: Costa Gavras vir Section spéciale en Michel Brault vir Les Ordres Beste akteur: Vittorio Gassman vir Scent of a Woman (Profumo di donna) Beste aktrise: Valerie Perrine vir Lenny
Kortprente Palme d'Or: Lautrec deur Geoff Dunbar Spesiale jurieprys: Daryu tebe zvezdu deur Fyodor Khitruk
Verwysings
Eksterne skakels Fees se amptelike webtuiste 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Cannes-rolprentfees