Die 29ste Cannes-rolprentfees is van 13-28 Mei 1976 in Cannes, Frankryk, gehou. Die Palme d'Or is toegeken aan Taxi Driver deur Martin Scorsese.

Die fees is geopen met That's Entertainment, Part II deur Gene Kelly en afgesluit met Family Plot deur Alfred Hitchcock. Die Amerikaanse dramaturg Tennessee Williams was die president van die jurie.

In 1976 is ’n nuwe, niemededingende afdeling, "L'Air du temps", ingestel wat op kontemporêre sake gefokus het. Saam met "Les Yeux fertiles" van die vorige jaar en "Le Passé composé" van die volgende jaar het dit in 1978 die afdeling "Un Certain Regard" gevorm.

Pryse duimnael|140px|Tennessee Williams, president van die jurie. duimnael|140px|Martin Scorsese, wenner van die Palme d'Or. Van die mense en prente wat in 1976 pryse ontvang het, is:

Palme d'Or: Taxi Driver deur Martin Scorsese Grand Prix: Cría cuervos deur Carlos Saura en The Marquise of O deur Éric Rohmer Beste regisseur: Ettore Scola vir Brutti, sporchi e cattivi Beste akteur: José Luis Gómez vir Pascual Duarte Beste aktrise: Dominique Sanda vir The Inheritance (L'eredità Ferramonti) en Mari Törőcsik vir Mrs. Dery Where Are You? (Déryné hol van?)

Kortprente Palme d'Or: Metamorphosis deur Barry Greenwald Jurieprys: Agulana deur Gérald Frydman en Nightlife deur Robin Lehman

Verwysings

Eksterne skakels Fees se amptelike webtuiste 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Cannes-rolprentfees