Die 24ste Cannes-rolprentfees is van 12-27 Mei 1971 in Cannes, Frankryk, gehou. Die fees het hulde gebring aan Charlie Chaplin en aan hom die titel "kommandeur van die nasionale orde van die erelegioen" toegeken. Die Palme d'Or is toegeken aan The Go-Between deur Joseph Losey.
Die fees is geopen met Gimme Shelter – ’n dokumentêr oor die rockmusiekgroep The Rolling Stones deur David Maysles, Albert Maysles en Charlotte Zwerin – en afgesluit met The Married Couple of the Year Two (Les mariés de l'an II) deur Jean-Paul Rappeneau. Die Franse aktrise Michèle Morgan was die president van die jurie.
Pryse duimnael|140px|Michèle Morgan, president van die jurie. duimnael|140px|Joseph Losey, wenner van die Palme d'Or. Van die mense en prente wat in 1971 pryse ontvang het, is:
Palme d'Or: The Go-Between deur Joseph Losey Jurieprys: Joe Hill deur Bo Widerberg en Love (Szerelem) deur Károly Makk Spesiale jurieprys: Johnny Got His Gun deur Dalton Trumbo en Taking Off deur Miloš Forman Beste eerste werk: Between Miracles (Per grazia ricevuta) deur Nino Manfredi Beste akteur: Riccardo Cucciolla vir Sacco e Vanzetti Beste aktrise: Kitty Winn vir The Panic in Needle Park
Kortprente Spesiale jurieprus: Star Spangled Banner deur Roger Flint Spesiale vermelding: Stuiter deur Jan Oonk en Une Statuette deur Carlos Vilardebó
Verwysings
Eksterne skakels Fees se amptelike webtuiste 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Cannes-rolprentfees