Die 17de Cannes-rolprentfees is van 29 April - 19 Mei 1964 in Cannes, Frankryk, gehou. Die Palme d'Or is toegeken aan The Umbrellas of Cherbourg (Les Parapluies de Cherbourg) deur Jacques Demy. Die fees is geopen met Greed in the Sun (Cent mille dollars au soleil) deur Henri Verneuil. Die Duits-Amerikaanse rolprentmaker en draaiboekskrywer Fritz Lang was die president van die jurie.
In 1964 is die Palme d’Or hernoem tot die "Grand Prix du Festival International du Film", ’n naam wat tot in 1974 gebruik is toe dit weer die Palme d'Or genoem is.
Pryse duimnael|140px|Fritz Lang, president van die jurie. duimnael|140px|Anne Bancroft, medewenner vir beste aktrise. Van die mense en prente wat in 1964 pryse ontvang het, is:
Palme d'Or: The Umbrellas of Cherbourg (Les Parapluies de Cherbourg) deur Jacques Demy Jurieprys: The Woman in the Dunes (Suna no onna) deur Hiroshi Teshigahara Beste akteur: Antal Páger vir Drama of the Lark (Pacsirta) en Saro Urzì vir Seduced and Abandoned (Sedotta e abbandonata) Beste aktrise: Barbara Barrie vir One Potato, Two Potato en Anne Bancroft vir The Pumpkin Eater
Kortprente Palme d'Or: Le prix de la victoire deur Nobuko Shibuya en La douceur du village deur François Reichenbach Spesiale jurieprys: Help! My Snowman's Burning Down deur Carson Davidson en Sillages deur Serge Roullet Tegniese prys: Dawn of the Capricorne deur Ahmad Faroughy-Kadjar
Verwysings
Eksterne skakels Fees se amptelike webtuiste 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Cannes-rolprentfees