Shinzo Abe (安倍 晋三 Abe Shinzō, IFA: [abe ɕin(d)zoː]; 21 September 1954 – 8 Julie 2022) was 'n Japannese politikus en van 2012 tot 2020 Eerste minister van Japan en president van die Liberaaldemokratiese Party (LDP).
Op 28 Augustus 2020 kondig Abe sy uittrede weens gesondheidsredes aan. Hy het lank reeds aan 'n chroniese inflammatoriese dermsiekte gely, wat veroorsaak het dat hy in 2007 ook skielik as premier moes bedank. Nadat die siekte onder beheer gebring is, word hy in 2012 as premier herkies. Abe word in 2019 die langsdienende premier van Japan.
In Augustus 2020, het Abe sy hangende bedanking as premier aangekondig, met verwysing na 'n herlewing van sy ulseratiewe kolitis. Hy het tot 16 September 2020 in die amp aangebly, waarna die Kokkai geskeduleer was om sy opvolger te verkies, na aanleiding van die uitslag van 'n LDP-leierskapsverkiesing wat drie dae vantevore gehou is.
Sluipmoord
Op 8 Julie 2022 is Abe van agter geskiet, terwyl hy 'n veldtogtoespraak in Nara gelewer het. Hy het na bewering na die voorval 'n hartstilstand gehad en het onmiddellik ná die skietery geen lewenstekens getoon nie. Die polisie het die vermeende skieter, Yamagami Tetsuya, weens poging tot moord in hegtenis geneem. Abe is toe na die hospitaal gejaag en is daar oorlede. Hy was 67 jaar oud.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Geboortes in 1954 Kategorie:Sterftes in 2022 Kategorie:Eerste Ministers van Japan