duimnael|M/Y Eclipse lê in September 2009 in die Deense seehawe Frederikshavn voor anker duimnael|Die Eclipse in 2010 in 'n dok in die Hamburgse hawe duimnael|Die Eclipse in Januarie 2011 terwyl dit in sy tuishawe Nassau, Bermuda voor anker lê M/Y Eclipse is 'n superjag wat deur die skeepswerf Blohm + Voss in Hamburg, DuitslandYachtCharterFleet.com: Eclipse Yacht. Besoek op 14 Julie 2019 teen 'n koste van €340 miljoen gebou en op 9 Desember 2010 aan die Russiese oliemagnaat en sakeman Roman Abramowitsj afgelewer is. In 2015 is die jag in Hamburg deur Blohm + Voss gerenoveer en van die nuutste gerieflikhede voorsien.ntv, 13 Februarie 2015: Milliardär renoviert "Eclipse" - Abramowitsch-Jacht macht in Hamburg fest. Besoek op 21 Julie 2020

Met 'n lengte van 162,5 m (533 voet 2 duim) was dit 'n tyd lank die grootste privaat motorjag ter wêreld. Tans is dit die derde langste megajag tger wêreld. Die jag se superstruktuur (dit wil sê alle geriewe behalwe vir die romp en hoofdek wat deur Blohm + Voss ontwerp en gebou is), binne- en buite-ontwerp is deur die befaamde Britse ateljee Terence Disdale Studio behartig. Passasiers word in 36 kajuite gehuisves. Die jag vaar tans onder Bermudaanse vlag.

M/Y Eclipse beskik - naas twee swembaddens, 'n diskoteek, twintig jetski's en twee helikopter-landingsplekke - oor sy eie duikboot en is volgens persberigte van 'n lasergebaseerde anti-paparazzi-stelsel asook 'n moderne lugafweerstelsel voorsien wat in Frankryk vervaardig en in die Russiese Federasie geïnstalleer is. Duitse wetgewing plaas 'n verbod op die verkoop van hierdie soort wapenstelsels aan privaat persone.

Verwysings

Kategorie:Skeepsbou