Paulo Coelho de Souza (Portugees: [ˈpawlu kuˈeʎu]; gebore op 24 Augustus 1947) is 'n Brasiliaanse romansier wat die bekendste is om sy roman Die Alchemis. In 2014 het hy sy persoonlike dokumente aanlyn opgelaai en beskikbaar gestel ten einde 'n virtuele Paulo Coelho Stigting te skep.
Coelho is 'n topverkoper en een van die wêreld se mees invloedryke skrywers. Meer as 215 miljoen eksemplare van sy romans is al in meer as 170 lande verkoop, en sy werk is reeds in 81 tale vertaal. Die London Times het oor Coelho se werk geskryf; "[Coelho se] boeke gee nuwe betekenis aan miljoene mense se lewens."Inligting bekom van die boek Die Alchemis, soos vertaal in Afrikaans uit die Engels deur Kobus Geldenhuys in samewerking met Sant Jordi Asociados Agencia Literaria S.L.U., Barcelona, Spanje. Die eerste Afrikaanse uitgawe van Die Alchemis, eerste druk in 2003 deur Aardvark Press; Tweede Afrikaanse uitgawe, eerste druk in 2017 deur Protea Boekhuis.
Bibliografie
Jaar Portugese titel Afrikaanse titel/vertaling 1974 Teatro da Educação - 1982 Arquivos do Inferno - 1987 O Diário de um Mago - 1988 O Alquimista Die Alchemis 1990 Brida Bridahttps://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/boek-brida-n-ierse-meisie-se-soeke-na-kennis/ Geraadpleeg op 11/09/2020 1991 O Dom Supremo - 1992 As Valkírias - 1994 Maktub - Na margem do rio Piedra eu sentei e chorei - 1996 O Monte Cinco - 1997 Cartas de amor de um profeta - Manual do guerreiro da luz - 1998 Veronika decide morrer Veronika besluit om te sterfhttps://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/boekresensie-veronika-besluit-om-te-sterf/ Opgespoor en besoek op 26/08/2020 Palavras essenciais - 2000 O Demônio e a Srta. Prym - 2001 Historias para pais, filhos e netos - 2003 Onze Minutos - 2004 O Gênio e as Rosas - Viagens - Vida - 2005 O Zahir - Caminhos Recolhidos - 2006 Ser Como o Rio que Flui - A Bruxa de Portobello - 2008 O vencedor está só - 2009 Amor - 2010 Aleph - 2011 Fábulas 2012 Manuscrito Encontrado em Accra - 2014 Adultério - 2016 A Espiã Die Spioen 2018 Hippie -
Ander Op 1 Mei 2018 was dit aangekondig dat Coelho geteken het vir 'n TV reeks gebaseer op die karakters van sy romans O Demônio e a Srta. Prym, Brida en A Bruxa de Portobello.
Verwysings
Eksterne skakels
Paulo Coelho op Goodreads
Kategorie:Brasiliaanse skrywers Kategorie:Geboortes in 1947 Kategorie:Lewende mense