Koos van der Merwe is 'n Suid-Afrikaanse sanger, digter en liedjieskrywer. Hy sing liedjies van bekende liedjieskrywers soos Bob Dylan en Leonard Cohen in Afrikaans, asook liedjies wat hy self skryf. Hy het bekendheid verwerf as deel van die groep Prophet met die treffer Houtkruis en is ook 'n predikant.

Biografie Van der Merwe is in Pretoria gebore en matrikuleer aan die Hoërskool Edenvale. Daarna behaal hy 'n teologiese kwalifikasie aan die Aucklandpark Teologiese Seminarium (cum laude), 'n Honneursgraad in Teologie aan Die Randse Afrikaanse Universiteit (cum laude), 'n Meestersgraad in Teologie by RAU (cum laude), en ook sy Doktorsgraad by RAU in die Sielkundige Opvoedkunde.Wie is Koos van der Merwe?, www.koosvandermerwe.com. Besoek op 14 Julie 2019.

In die 1980's begin hy saam met Theo Geyser die musiekgroep Prophet, wat met agt ATKV-Liertoekennings vereer is vir Mees Uitnemende Geestelike Musiek.Elektroniese Christelike kernensiklopedie: Prophet (Sanggroep) , cke.christians.co.za. Besoek op 14 Julie 2019.

Tussen Januarie 2010 en 2017 was hy verantwoordelik vir die tydskrif Sarie se agterbladrubriek Laaste Sê, nadat hy reeds vir jare die rubriek Sielsdinge in dié tydskrif behartig het.

In 2013 stel Van der Merwe die album Leonard Cohen in Afrikaans vry en die album bereik goue status in 2014 waarna hy 'n album met Bob Dylanliedjies, Tamboerynman vrystel.

In 2017 stel Koos van der Merwe sy solo-album Droom Martha Droom vry, en begin vir die agterbladrubriek van die vrouetydskrif Finesse skryf, nadat hy 15 jaar lank by die tydskrif Sarie betrokke was.

Diskografie Albums Leonard Cohen in Afrikaans, 2013 Tamboerynman, 2015 Droom Martha Droom, 2017 Vlugplek, 2017

Verwysings

Kategorie:Afrikaanse sangers Kategorie:Lewende mense Kategorie:Suid-Afrikaanse musici Kategorie:Afrikaners Kategorie:Geboortes in 1960