SpVgg Ansbach 09 is 'n sportklub uit Ansbach in die deelstaat Beiere in Duitsland, veral bekend vir sy sokkerafdeling. Behalwe sokker, het die klub ook 'n afdeling vir karate.
Die klub se oorsprong was die gimnastiekklub TV 1860 Ansbach, wat in 1860 gestig is. In 1909 is die klub se sokkerafdeling begin. Tydens die Eerste Wêreldoorlog het die sokkerafdeling ontbind, maar in 1917 is die huidige klub as opvolger vir beide die ontbinde sokkerafdeling van TV 1860 Ansbach, asook die klub 1. FC 1912 Ansbach, gestig.
Na die Tweede Wêreldoorlog is die klub in 1945 deur die Geallieerdes ontbind. Die sportklubs van Ansbach is kort hierna in een klub heropgerig as Sportverein Ansbach. Op 30 Oktober 1948 is die vereniging na Turn- und Sportverein Ansbach herdoop. In 1951 het die huidige SpVgg Ansbach 09 uit hierdie klub se sokkerafdeling ontstaan.
Die klub het in 1985 die hoofrondte van die DFB-Pokal gehaal, maar in die eerste rondte met 0-3 teen SV Waldhof Mannheim verloor. Ansbach se grootste prestasie was om in 2001 die Oberliga Beiere te wen en na die Regionalliga Suid te promoveer, waar die klub na een seisoen weer gerelegeer is.
Onlangse ligaposisionering 1998–1999 (V) Landesliga Sentraal 1ste 1999-2000 (IV) Oberliga Beiere 10de 2000-2001 (IV) Oberliga Beiere 1ste 2001-2002 (III) Regionalliga Suid 17de 2002-2003 (IV) Oberliga Beiere 13de 2003-2004 (IV) Oberliga Beiere 14de 2004-2005 (IV) Oberliga Beiere 16de 2005-2006 (V) Landesliga Sentraal 8ste 2006-2007 (V) Landesliga Sentraal 1ste 2007-2008 (IV) Oberliga Beiere
Eksterne skakels Amptelike klubblad
Literatuur SpVgg Ansbach 09 in: Hardy Grüne (2001): Vereinslexikon. Enzyklopädie des deutschen Ligafußballs. Band 7. Kassel: AGON Sportverlag, S. 26.
Oberliga Beiere 2007/08-seisoenTSV Aindling – SpVgg Ansbach 09 – 1. FC Bad Kötzting – 1. FC Eintracht Bamberg – SpVgg Bayreuth – SpVgg Greuther Fürth II – TSV Großbardorf – SV Heimstetten – SpVgg Beiere Hof – FC Kempten - FC Memmingen – FC Ismaning – 1.FC Neurenberg II – 1. FC Schweinfurt 05 – TSG Thannhausen - SpVgg Unterhaching II – SpVgg Weiden – Würzburger FV Ansbach