Greifswalder SV 04 is 'n sportklub uit Greifswald in die deelstaat Mecklenburg-Voorpommeren in Duitsland, veral bekend vir sy sokkerafdeling. Behalwe sokker, het die klub ook (onder meer) afdelings vir pluimbal, atletiek, dans en basketbal.

Geskiedenis Die klub het op 3 Januarie 1926 ontstaan as Greifswalder SC met die samesmelting van Sportverein Greif Greifswald von 1912 en VfB Greifswald. Laasgenoemde was vroeër die sokkerafdeling (op die been gebring in 1911) van Greifswalder Turnerbundes wat in 1923 onafhanklik geword het as VfB Greifswald.

Tydens die Derde Ryk het die klub op die hoogste vlak meegeding in die Gauliga Pommeren-Wes. Na die Tweede Wêreldoorlog is die klub herstig as SC Greifswald en dit is hierna in tipies Oos-Duitse styl verskeie kere herdoop en herstig met nuwe name (kyk hieronder). Die klub het die grootste gedeelte van die tyd voor Duitse hereniging op die tweede vlak in die DDR-liga deurgebring. Na die Duitse hereniging het die klub weer sy vooroorlogse naam teruggeneem, maar soos vele ander klubs uit die Ooste het dit finansieel gesukkel. In 2003 is die klub insolvent verklaar en moes dit ontbind. 'n Opvolger, ESV Empor Greifswald, is onmiddellik gestig en op 1 Januarie 2004 het dit met SSV Grün-Schwarz Greifswald en Greifswalder SV 98 saamgesmelt om die huidige klub te vorm.

Naamsveranderinge 1926-1939 Greifswalder SC von 1921 e.V. 1946-1948 SC Greifswald 1949-1950 SG Greif Greifswald 1950-1968 Betriebssportgemeinschaft (BSG) Einheit Greifswald 1968-1975 BSG KKW Nord Greifswald 1975-1990 BSG KKW Greifswald 1990-2003 Greifswalder SC (insolvent) 2003-2004 ESV Empor Greifswald vanaf 1 Januarie 2004 Greifswalder SV 04

Onlangse ligaposisionering 1968-69 (II) DDR-Liga, Stapel Noord 13de 1969-70 (II) DDR-Liga, Stapel Noord 6de 1970-71 (II) DDR-Liga, Stapel Noord 10de 1971-72 (II) DDR-Liga, Stapel A 5de 1972-73 (II) DDR-Liga, Stapel A 6de 1973-74 (II) DDR-Liga, Stapel A 6de 1974-75 (II) DDR-Liga, Stapel A 2de 1975-76 (II) DDR-Liga, Stapel A 6de 1976-77 (II) DDR-Liga, Stapel A 6de 1977-78 (II) DDR-Liga, Stapel A 4de 1978-79 (II) DDR-Liga, Stapel A 9de 1979-80 (II) DDR-Liga, Stapel A 9de 1980-81 (II) DDR-Liga, Stapel A 12de 1981-82 (III) Bezirksliga Rostock-Oos 1ste 1982-83 (II) DDR-Liga, Stapel A 11de 1983-84 (III) Bezirksliga Rostock-Oos 1ste 1984-85 (III) Bezirksliga Rostock-Oos 1ste 1985-86 (II) DDR-Liga, Stapel A 6de 1986-87 (II) DDR-Liga, Stapel A 9de 1987-88 (II) DDR-Liga, Stapel A 7de 1988-89 (II) DDR-Liga, Stapel A 12de 1989-90 (II) DDR-Liga, Stapel A 6de 1990-91 (II) DDR-Liga, Stapel A 11de 1991-92 (III) Am.Oberliga Noordoos-Noord 2de 1992-93 (III) Am.Oberliga Noordoos-Noord 8ste 1993-94 (III) Am.Oberliga Noordoos-Noord 9de 1994-95 (IV) Oberliga Noordoos-Noord 4de 1995-96 (IV) Oberliga Noordoos-Noord 4de 1996-97 (IV) Oberliga Noordoos-Noord 3de 1997-98 (IV) Oberliga Noordoos-Noord 3de 1998-99 (IV) Oberliga Noordoos-Noord 6de 1999-00 (IV) Oberliga Noordoos-Noord 5de 2000-01 (IV) Oberliga Noordoos-Noord 14de 2001-02 (IV) Oberliga Noordoos-Noord 17de insolvent 2002-03 (V) Verbandsliga Meck-V. 8ste 2003-04 (V) Verbandsliga Meck-V. 7de 2004-05 (V) Verbandsliga Meck-V. 8ste 2005-06 (V) Verbandsliga Meck-V. 5de 2006-07 (V) Verbandsliga Meck-V. 1ste 2007-08 (IV) Oberliga NOFV-Noord

Eksterne skakels Amptelike klubblad Abseits Guide to German Soccer

Oberliga Noordoos-Noord 2007/08-seisoen Berlin AK 07 | BFC Dynamo | Hertha BSC Berlyn II | BFC Preussen | Lichterfelder FC | Spandauer SV | Tennis Borussia Berlyn | Türkiyemspor Berlyn | SV Yeşilyurt Berlyn | Greifswalder SV 04 | Ludwigsfelder FC | TSG Neustrelitz | Germania Schöneiche | FC Hansa Rostock II | Torgelower SV Greif | FSV Optik Rathenow

Greifswald