SSV Markranstädt is 'n sportklub uit Markranstädt in die deelstaat Sakse in Duitsland, veral bekend vir sy sokkerafdeling. Behalwe sokker, het die klub ook (onder meer) afdelings vir pluimbal, judo, vlugbal, gimnastiek en tafeltennis.

Geskiedenis Die klub se eerste voorganger was Fussball-Club Markranstädt 1912, wat op 31 Januarie 1912 gestig is. Die klub se naam is kort daarna verander na F.C. Sportfreunde Markranstädt 1912. Teen 1914 het die gimnastiekklub Allgemeiner Turnverein Markranstädt ook 'n sokkerafdeling gehad. In 1920 is nog twee Markranstädtse klubs gestig, naamlik Rot-Sport Markranstädt en Freie Turner Arbeitersport, maar beide hierdie klubs is in 1933 deur die Nazi’s verbied.

Na die Tweede Wêreldoorlog is die twee oorblywende klubs deur die Geallieerdes ontbind, maar in 1947 is een klub as opvolger vir al die voorgangers op die been gebring: ZSG Markranstädt. Hierdie klub het in tipies Oos-Duitse styl onder die naamsveranderinge deurgeloop (kyk hieronder). Met die hereniging van Duitsland in 1990 is die klub herstig met die huidige naam.

Die klub het in 2007 'n groot prestasie behaal deur die Landesliga Sakse te wen en na die Oberliga Noordoos-Suid te promoveer.

Die klub het in 2009 'n ooreenkoms met RB Leipzig aangegaan waaringevolge die klub se sokkerspanne en stadion effektief onder RB Leipzig se beheer geplaas word. RB Leipzig sal egter vanaf 2010 die Zentralstadion in Leipzig as tuisveld gebruik.

Naamsveranderinge na die Tweede Wêreldoorlog 1947-1948 ZSG Markranstädt 1948-1951 SG Glück-Auf Markranstädt 1951-1952 BSG Stahl Markranstädt 1952-1958 BSG Motor Markranstädt 1959-1984 BSG Turbine Markranstädt 1984-1988 BSG Motor Markranstädt 1988-1990 BSG Turbine Markranstädt 1991-> SSV Markranstädt

Onlangse ligaposisionering 1971-72 (III) Bezirksliga Leipzig 11de 1972-73 (III) Bezirksliga Leipzig 14de 1973-74 (III) Bezirksliga Leipzig 13de 1974-75 (III) Bezirksliga Leipzig 10de 1975-76 (III) Bezirksliga Leipzig 15de 1976-77 (III) Bezirksliga Leipzig 9de 1977-78 (III) Bezirksliga Leipzig 13de 1978-79 (III) Bezirksliga Leipzig 7de 1979-80 (III) Bezirksliga Leipzig 5de 1980-81 (III) Bezirksliga Leipzig 8ste 1981-82 (III) Bezirksliga Leipzig 14de 1982-83 (III) Bezirksliga Leipzig 11de 1983-84 (III) Bezirksliga Leipzig 14de 1984-85 (III) Bezirksliga Leipzig 11de 1985-86 (III) Bezirksliga Leipzig 7de 1986-87 (III) Bezirksliga Leipzig 13de 1987-88 (III) Bezirksliga Leipzig 14de 1988-89 (III) Bezirksliga Leipzig 11de 1989-90 (III) Bezirksliga Leipzig 5de 1990-91 (IV) Landesliga Sakse 9de 1991-92 (IV) Landesliga Sakse 9de 1992-93 (IV) Landesliga Sakse 12de 1993-94 (V) Bezirksliga Leipzig 2de 1994-95 (VI) Bezirksliga Leipzig 1ste 1995-96 (V) Landesliga Sakse 14de 1996-97 (VI) Bezirksliga Leipzig 2de 1997-98 (VI) Bezirksliga Leipzig 3de 1998-99 (VI) Bezirksliga Leipzig 1ste 1999-00 (V) Landesliga Sakse 8ste 2000-01 (V) Landesliga Sakse 4de 2001-02 (V) Landesliga Sakse 9de 2002-03 (V) Landesliga Sakse 8ste 2003-04 (V) Landesliga Sakse 5de 2004-05 (V) Landesliga Sakse 6de 2005-06 (V) Landesliga Sakse 3de 2006-07 (V) Landesliga Sakse 1ste 2007-08 (IV) Oberliga Noordoos-Suid

Eksterne skakels Amptelike klubblad

Oberliga Noordoos-Suid 2007/08-seisoen VfB Auerbach | FSV Budissa Bautzen | Chemnitzer FC | SC Boreas Dresden | FC Eilenburg | 1. FC Gera 03 | VfB Germania Halberstadt | Hallescher FC | FC Carl Zeiss Jena II | FC Sachsen Leipzig | SSV Markranstädt | ZFC Meuselwitz | VFC Plauen | VfB Pößneck | VfB Sangerhausen | FSV Zwickau

Markranstädt Kategorie:Sakse