FSC Lohfelden is 'n sokkerklub uit Lohfelden in die deelstaat Hessen in Duitsland.
Die klub het sy oorsprong by die Turn- und Sportverein Crumbach, wat in 1895 gestig is. Hierdie klub se sokkerafdeling is in 1924 op die been gebring en in 1933 het die spelers van die werkersklub Arbeiter Turn- und Sportverein 1892 Ochshausen hulle by die klub aangesluit nadat die Nazi’s alle werkersklubs verbied het.
Na die Tweede Wêreldoorlog is die klub deur die Geallieerdes ontbind. Die lede van TSV het deel geword van Freie Sport- und Kulturgemeinde Lohfelden, wat op 14 Oktober 1945 opgerig is. In 1946 het die oudlede (sokker) van TSV Crumbach onafhanklik geword as 1. FSC in der FSK Lohfelden, wat later verander is na die huidige naam.
Die span se beste resultaat was 'n vyfde plek in die Oberliga Hessen in 2000.
Onlangse ligaposisionering 1989-90 (V) Bezirksoberliga 1ste 1990-91 (IV) Landesliga Noord 7de 1991-92 (IV) Landesliga Noord 5de 1992-93 (IV) Landesliga Noord 1ste 1993-94 (III) Oberliga Hessen 16de 1994-95 (IV) Oberliga Hessen 9de 1995-96 (IV) Oberliga Hessen 9de 1996-97 (IV) Oberliga Hessen 11de 1997-98 (IV) Oberliga Hessen 12de 1998-99 (IV) Oberliga Hessen 9de 1999-00 (IV) Oberliga Hessen 5de 2000-01 (IV) Oberliga Hessen 16de 2001-02 (V) Landesliga Noord 1ste 2002-03 (IV) Oberliga Hessen 17de 2003-04 (V) Landesliga Noord 3de 2004-05 (V) Landesliga Noord 4de 2005-06 (V) Landesliga Noord 3de 2006-07 (V) Landesliga Noord 1ste 2007-08 (IV) Oberliga Hessen 14de 2008-09 (V) Hessenliga
Verwysings Grüne, Hardy (2001). Vereinslexikon. Kassel: AGON Sportverlag
Eksterne skakels Amptelike klubwerf
Oberliga Hessen 2007/08-seisoen FC Beiere Alzenau - Viktoria Aschaffenburg - KSV Baunatal - SV Darmstadt 98 - SV Buchonia Flieden - Eintracht Frankfurt II - SG Roowit Frankfurt - SC Borussia Fulda - KSV Klein-Karben - FSC Lohfelden - 1. FC Germania 08 Ober-Roden - 1. FC Schwalmstadt - FSV 1926 Fernwald - SC Waldgirmes - SV Wehen II - Eintracht Wetzlar - TSG Wörsdorf - RSV Würges
Lohfelden