Peter H. Gilmore (24 Mei 1958) is in 2001 deur Magistra Blanche Barton as Hoëpriester van die Kerk van Satan benoem. Sy amptelike titel in die Kerk is Magus Peter H. Gilmore, Hoëpriester van die Kerk van Satan. duimnael|links|Peter H. Gilmore in Oktober 2007 As 'n verteenwoordiger van die Kerk van Satan het hy al verskeie kere onderhoude oor die onderwerp van Satanisme op televisie en radio gehad, onder meer op die TV-kanale The History Channel, BBC en The Sci-Fi Channel, asook in Bob Larson se Christelike radioprogram.

In 1989 het Gilmore en sy eggenote Peggy Nadramia daarmee begin om The Black Flame, 'n Sataniese joernaal, uit te gee. Nuwe uitgawes verskyn nog steeds sporadies. In 2005 het Gilmore 'n nuwe inleiding vir Anton LaVey se Sataniese Bybel (The Satanic Bible) geskryf, en sy essay oor Satanisme het in die Encyclopedia of Religion and Nature verskyn. Op Walpurgisnacht 2007 is 'n hardeband-uitgawe van The Satanic Scriptures vrygestel, 'n nuwe boek met 'n versameling van essays en skrifte. 'n Sagteband-uitgawe sal in Oktober 2007 in die Verenigde State vrygestel word. Die werk bevat rituele soos Sataniese huwelike en begrafnisse wat vroeër nie-openbaar was en vir die eerste keer gepubliseer word.

Peter H. Gilmore is 'n musikant van beroep en tans volgens sy eie bewering werksaam as museumkurator.

Eksterne skakels

Sommige van Peter H. Gilmore se essays oor Satanisme en kultuur is beskikbaar op die amptelike webwerf van die Kerk van Satan.

Church of Satan (Kerk van Satan) Encyclopedia of Religion and Nature The Satanic Scriptures Onderhoude met Peter H. Gilmore Endemoniada New York Press CBC Canada

Kategorie:Amerikaanse okkultiste Kategorie:Sataniste Kategorie:Geboortes in 1956 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Geboortes in 1958 Kategorie:Amerikaanse essayiste